Ons is Chris en Marietjie Viljoen. Ons is in 2019 getroud nadat ons altwee ons gades aan die dood afgestaan het na 30 en 40jaar se huwelike onderskeidelik. Ons is 'n groot saamgestelde gesin met kinders, skoonkinders en kleinkinders. Ons woon in Jeffreysbaai in die Oos Kaap in Suid Afrika. Ons is toegewyde kinders van יהוה wat Hom lief h
Ons is Chris en Marietjie Viljoen. Ons is in 2019 getroud nadat ons altwee ons gades aan die dood afgestaan het na 30 en 40jaar se huwelike onderskeidelik. Ons is 'n groot saamgestelde gesin met kinders, skoonkinders en kleinkinders. Ons woon in Jeffreysbaai in die Oos Kaap in Suid Afrika. Ons is toegewyde kinders van יהוה wat Hom lief het met ons hele wese. Ons het 'n liefde vir die Waarheid en die Hebreeuse taal omdat ons weet dit is die taal wat יהוה gekies het om Sy Woord in weer te gee. Ons slagspreek is "WALK your TALK" en "Trek die kringetjie om jou eie voete"... Ons probeer Torah onderhou sover dit vir ons moontlik is. Ons wil eksakte kopieë van ons Messias word daarom volg ons sy voorbeeld. Ons volg sy opdrag van Matt. 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader [en die Seun en die Ruach Ha Qodesh]; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Ons staan onderskeidelik tussen 18-22 jaar voltyds in bediening. Vanaf Covid is ons grootliks 'n virtuele bediening.
Net soos Ruth haar man verloor, alles agterlaat en opgee terwille daarvan om die Elohim van Naomi te volg, so was dit presies in Marietjie se lewe. Boaz was opgerig om Ruth onder sy 'vlerk' te neem nadat hy Ruth op 'n afstand waargeneem het op sy Dorsvloer. Presies so was dit in Chris se lewe. Soos die Vader 'n Plan gehad het met Ruth & Boaz en hul saam op sy Dorsvloer gearbei het, is die Messias uit hul nageslag gebore. So het Vader vir ons 'n Dorsvloer gegee om te bearbei. Ons roeping is om Woord oop te breek, sodat die kaf van die koring geskei kan word, leuens vervang kan word met waarheid., dit wat nie saakmaak nie in die wind te laat wegwaai...om vry te kom. Ons roeping is om die nasies te bereik, om die Torah, die Antieke Weë, op 'n eenvoudige manier oop te breek en mense daarin te dissipel en te onderrig sodat hulle weer vrugbaar kan word soos koring en standvastig in die Woord word sodat hulle weer dissipels maak wat lyk soos 'n eksakte kopie van die Messias wat op sy beurt weer 'n eksakte kopie van die Vader is. Ons het 'n hoop, 'n toekoms, die Dorsvloer verklaar dit. Die Koning is in die veld en Sy Naam is op Sy Dorsvloer! Dit is ons 'legacy' wat ons vir ons nageslag los.
Copyright © 2025 the way derech - All Rights Reserved.